Werkswinkel - 9 April 2011




Sterrekunde vir beginners - 'n inleidende sterrekundekursus vir oud en jonk?


Aangebied deur die Bloemfontein Amateur Sterrekundevereniging


Webtuiste: www.assabfn.co.za


Blog: assabfn.blogspot.com

e-pos: assabfn@gmail.com

Wanneer

Saterdag,  9 April 2011
14:30 Kom aan en maak jouself tuis.
15:00 - tot ons klaar is.

Waar Boyden-sterrewag (Langs Maselspoort)

Koste (Verskillende opsies)

Per gesin  (3) = R240
Ekstra kind = R60
1 Volwassene =  R 120
Skoolkind en volwassene R180
Kinders graad 7 tot 9 moet deur ouers vergesel word
Klublede=  Halfprys  (R60)
Elke inskrywing (gesin)  ontvang `n DVD met sterrekunde inligting met nuttige sagteware.

  • Bring asseblief die korrekte bedrag saam

  • Elektroniese voorafbetaling
    Inligting
    Rekening: ASSA Bloemfontein
    Bank: FNB
    Rekeningnommer: 620 6944 8415
    Takkode: 230 234
    Verwysing: Werkswinkel April 2011

    E-pos betaalstrokie na assabfn@gmail.com en bring dit ook saam na die werkswinkel as bewys.

Bespreking

Stuur e-pos aan assabfn@gmail.com om vir die werkswinkel te bespreek.
Bel vir Yolande Fick by   051 4019751 (Soggens)

Ete en verversings

Bring piekniekmandjie
Ons verskaf koeldrank en glasies, tee, koffie, melk, suiker, Kookwater

 

Elkeen bring sy eie bekers, eetgerei, glase, eetgoed vir die aand. Asook drinkgoed as die sap, koffie en tee nie reg is vir hom nie.
(Geen braai vanaand! Dit neem te veel tyd in beslag.)

Hoeveel  kurusgangers

Net 60 kursusgangers plus bestuurslede (Bespreek vroegtydig)

Parkering

Genoeg parkering buite die hoofhek en ook binne die terrein.

   

Wat moet kursusgangers saambring?

Indien beskikbaar: Verkyker, teleskoop, klein flitsie, notaboek, "Clip board"  

Onthou Piekniekmandjie - Sien onder.

Ete en verversings Bring piekniekmandjie volgens jou behoefte.
Ons verskaf koeldrank en glasies, tee, koffie, melk, suiker, kookwater

Wat kry die kursusgangers?

Klub DVD met sterrekunde inligting en gratis sagteware en hulpmiddels.
Ander material: Sterkaarte vir die aand
Rooi filter vir elke flitsie.

Hier is nuttige inligting wat jy kan van die Web kan aflaai. Ons gaan dit Saterdag gebruik .

Program

Voorlopige program

14:30

Hekke maak oop. Kry naamkaartjie.
Kyk uit vir die Helptafel en kry solank `n rooi filter vir jou flits.

14:50

Almal gaan na die ouditorium

15:00 - 15:05
Ouditrium

Welkom aan almal  - Prof Matie Hoffman - Voorsitter van die Bloemfontein Sterrekunde vereniging en ook gereelde radiogas op Sterre en Planete en Radio Rosestad.

15:05 - 15:10
Ouditrium

Prof Matie gesels  5 minute oor Ligbesoedeling

15:15
Ouditorium

Phillip Coetzer neem ons op `n zoemreis van 100 meter bo die ouditrium tot miljoene ligjare weg.

16:00 – 17:00
Ouditrium

Waarneming vir beginner sterrekundiges.
Wat het jy nodig daarvoor en hoe doen jy dit. Thinus van der Merwe en Hannes Pieterse.

17:00 0 17:30
Ouditorium se dak en uitkykplatform

Kyk na Maan deur verkykers en teleskope

17:30 - 18:00
Ouditorium

Wat kan jy alles doer bo in die naghemel sien?
Thinus van der Merwe vertel vir ons van alles wat bo in die naghemel te sien is.
Later gaan onsmet teleskope en verkykers na die voorwerpe kyk.

18:00 - 18:45
Ouditorium

Teleskope en verkykers
- Wat is beskikbaar en wat moet jy in gedagte hou voor jy iets koop. Voorbeelde van verskillende produkte. - Brett du Preez
- Astrofotografie vir beginners - Hannes Pieterse

18:45 - 19:30

Ete

19:30 - 20:00
Ouditrium se dak

Konstelasies en die helderste sigbare sterre.  - Thinus van der Merwe
Satelliete wat sigbaar is. Orbitron-sagteware Prof Matie Hoffman

20:03 is dit amptelik donker
Buite

Waarneming met teleskope en verkykers
Beweeg saam met teleskoopbemanning na Waarnemingspunte.
Kyk na die verskillende voorwerpe na aanleiding van Thinus se lesing.
Kursusganfgers soek self na iets soek  in die Concards.
(Verdeel in twee groepe )


Groep kyk na DVD.

Plan B  - As dit bewolk is

- Sagteware en hulpmiddels op die internet.
- Astrofotografie vir beginners.
- Uitkenning van konstelasies op simulasie aandhemel.
Stellarium
Gesels kortliks oor die Klub DVD se inhoud.


 
{main2}
ASSA Bloemfontein Centre
Contact us.
www.assabfn.co.za
Top of page
Customized for 1024x768 desktop resolution