1977 - ASSA Bloemfontein Centre

Februarie 23ste, 1977, Naval Hill Sterrewag, 8nm.
Die Voorsitter verwittig dat 'n brief van die Munisipaliteit ontvang is waarin die sterrewag gratis vir 12 maande aan die vereniging verhuur word. Mnr. Viljoen sê dat die elektriese kontrakteurs wat die hoofgebou moet herbedraad die klein geboutjie ook sal koppel. 'n Mosie van dank word aan Mnr. Viljoen goedgekeur. Daar is besluit om 'n grys pad na die gebou aan te lê agv modder na reën. Mnr. Labuschagne sal Mnr. Ross, stadsingeneur, vra vir grys. Mnr. Viljoen verwittig dat twee stukke "hard board" gratis deur Mulluns & Champion verskaf is vir die toemaak van die gat in die middel van die vloer. As 'n blyk van dank word voorgestel dat 'n mnr. Killian van die firma uitgenooi word wanneer die tak 'n sterreaand hou. Daar word voorgestel dat die slot nie vir die hek gebruik word nie aangesien SUKOVS se nagwag die plek oppas.
Volgens Mnr. Muller vind die volgende okkultasies plaas:
15 Maart 1977: 5/00 vm, die maan 15% verlig die ster 'n 7.8 sterkte en dus 17 myl uit op die Kaapse pad.
9 Mei 1977: Die maan 62% verlig, 6 myl vanaf Bloemfontein en die tyd 3/00 vm.
22 Julie 1977: 38 myl vanaf Bloemfontein. Daar word besluit om hierdie okkultasie aan te pak. Lede sal 1/2 8 by die Eifel toring op die Reddersburg bymekaar kom. Verdere bespreking sal op die volgende vergadering gehou word. Dit blyk dat Mnr. Viljoen 'n apparaat ontwikkel het wat gebruik kan word om 'n hoë noot te produseer om sodoende alle skreeuery by okkultasies uit te skakel en onakkuraadheid as gevolg van vertraagde reaksie te verminder. Mnr. Muller versoek dat vier apparate vir die tak gemaak moet word.

Maart 16de, 1977, Naval Hill Sterrewag, om 7.30nm.
Mnr. Labuschagne rapporteer dat die munisipaliteit nie die gruis vir die pad kan skenk nie, so daar moet nou gewag word of SUKOVS iets hieraan sal doen. Daar is ook besluit om omsenbriewe aan die skole te stuur i.v.m. die hou van sterreaande. Mnre. Muller en Viljoen sal die nodige doen. Verversings sal voorsien word.
Vir die okkultasie van 15 Maart was die spanne te laat, so daar kon net 'n gedeelte waargeneem word. Mnr. Walker verwittig dat daar op 22/07/1977, 38 myl uit op die Bultfontein 'n okkultasie plaasvind . Die tyd is 6/22 nm, die ster 'n 7.2 sterkte en die maan 38% verlig. Dit sal op die volgende vergadering bespreek word.

April 28ste, 1977, Naval Hill Sterrewag, om 7.30nm.
Die sekretaris word versoek om 'n brief aan die stadsraad te rig om diefwering aan die gebou te installeer. Daar is ook besluit om bestuursvergaderings te hou voor hoof vergaderings sodat daar besluit sal word oor wat gedoen sal word. 'n Vasvra sal op die volgende vergadering gehou word met Patrick Moore se "Astronomers Quiz Book" as basis.
Wat die sonsverduistering aanbetref verwittig mnr. Viljoen dat hy waarnemings gedoen het met sy teleskoop. Die verduistering het om 10/19 vm begin en hy het verskeie sonvlekke waargeneem. Ander lede het ook die verduistering waargeneem.

Mei 18de, 1977, Naval Hill Sterrewag, om 7.30nm,
'n Pak met briewe gerig aan alle skole in Bloemfontein is aan die sekretaris oorhandig met die versoek dat dit gepos word. Die briewe gaan oor die hou van sterreaande vir belangstellende skole.
Mnr. Walker verwittig dat daar op 12 Julie 1977 'n okkultasie plaasvind van Venus en die maan sowat 1graad noord van die maan. Verder sê hy dat hy 'n stel ontwikkel om gewone okkultasies waar te neem om presies vas te stel hoe laat die ster agter die maan uitkom en presies waar. Mnr. Muller vra hom om 'n artikel hieroor in die MNASSA te skryf waarop hy instem.
Die sterrevasvra vind hierna plaas met twee spanne nl. Mnre. Muller en Prinsloo aan die een kant en Walker, Wilcox en myself aan die ander kant. Dit is baie geniet en daar sal weer een met die volgende vergadering gehou word.

Junie 15de, 1977, Naval Hill Sterrewag, om 7.30nm.
Insake die okkultasie van 22/07/1977 versoek Mnr. Walker die sekretaris om 'n week voor die tyd vas te stel watter lede bereid is om te gaan sodat daar nie onnodige moeite gedoen word met die bepaling van waarnemings stasies nie. Daar moet agter drie spanne wees om die waarnemings die moeite werd te maak.
Daarna word oorgegaan tot die vasvra.

Julie die 20ste, 16de Algemene Jaarvergadering, Woning van Mnr. C.T.M. Wilcox, om 7.30nm,
Die volgende lede is verkies as bestuurslede:
Voorsitter: Mnr. G. N. Walker
Ondervoorsitter: Mnr. B. D. Viljoen
Ere Sekretaris/Penningmeester: Mnr. F. C. Neser
Komiteelid: Mnr. D. P. de Leeuw
Verteenwoordiger op die raad: Mnr. G. N. Walker
Die balans van die spaarrekening is R114,96 krediet.
By die afwesigheid van die uittredende voorsitter word sy verslag voorgelees.
Mnr. Viljoen stel voor dat die tak baie meer praktiese werk moet aanpak en 'n program moet opstel vir die doel.
Mnr. Walker verwittig dat daar op 22 Julie 1977 om 8/22 nm 'n okkultasie plaasvind wat die tal sal aanpak.

Augustus 17de, Naval Hill Sterrewag, om 7.30nm.
Mnr. Walker verwittig dat die okkultasie van 22 Julie 1977 nie 'n sukses was nie as gevolg van die maan wat te helder was om die ster te sien, Mnr. de Leeuw se radio wat nie die tydsein kon optel nie en die teleskoop wat nie behoorlik funsioneer het nie. Mnr. Walker het egter 'n flits gesien en die resultate aan mnr. Herz gestuur. Daar word versoek om filters uit te toets om die helderheid van die maan te verdof om sodoende bg. probleme uit te skakel.
'n Skrywe is van Green Hill Convent ontvang waarin twee alternatiewe datums gegee word vir die hou van 'n sterre aand. Mnr. Viljoen word versoek om 'n program vir die aand uit te werk. Die voorsitter sal Green Hill in die verband skakel.
Die vergadering word daarna verdaag vir waarneming deur die teleskope na aanleiding van 'n program wat deur Mnr. Viljoen uitgewerk is. Daar is na verskeie Messier voorwerpe gekyk wat weereens die lede teenwoordig se sienings oor die heelal verbreed het.

September 21ste, 1977, Naval Hill Sterrewag, om 7.30nm.
Mnr. Walker verwittig dat Green Hill Convent graag op die 14/10/1977 die sterrewag wil besoek. Daar word voorgestel dat daar vooraf 'n praatjie gehou moet word waarna dubbel sterre en "golbal clusters" aan hulle gewys moet word. Daar word gevoel dat die 21/10/1977 'n beter aand sal wees aangesien die maan dan sigbaar sal wees. Mnr. Walker sal Green Hill kontak.
Mnr. Rhodes maak bekend dat hy Bloemfontein vergoed gaan verlaat. Die tak neem met spyt kennis hiervan aangesien Mnr. Rhodes 'n aanwins vir die tak was. Die voorsitter doen ook die nodige dankbetuiging aan Mnr. Rhodes. Mnr. Rhodes skenk s 4 1/4 duim refraktor aan die tak. Die teleskoop moet die LINRHO teleskoop genoem word. Dit het oogstukke en 'n spektroskoop as bykomstighede.
'n Aanbod word aanvaar van Mnr. Walker vir die 4 stoele van die tak teen 2 rand 'n stoel.
Die vergadering word hierna verdaag vir 'n praatjie deur Mnr. Walker oor okkultasies.

November 16de, 1977, Naval Hill Sterrewag, om 7.30nm.
Na aanleiding van die sterreaand wat gehou is vir Green Hill Convent is 'n brief van waardering ontvang van die skool.
'n Bedrag van R8 is ontvang vanaf Mnr. Walker vir die stoele van die tak wat al die jare by hom gestaan het. Toestemming word aan Mnr. Viljoen verleen om 'n sterreaand vir sy kerk se jeugvereniging te hou.
Die vergadering word verdaag vir observasies deur die teleskoop wat deur Mnr. Rhodes geskenk is.