1987 - ASSA Bloemfontein Centre

Februarie 27ste, 1987, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Omgewingsweek: Mnr. Van Der Walt en Mnr. Van Ellinckhuizen word weer bedank vir hulle aanskoulike uitstallings.
Jaarlikse braai: 'n Spesiale woord van dank aan Mnr. en Mev. Viljoen vir 'n aangename funksie.
Ivm die agt duim word voorgestel dat Mnr. vd Walt gevra sal word om 'n plaatjie te maak, waarna 'n foto geneem sal word en aan die skenker gestuur sal word. Mnr. Van Elinckhuizen sal die brief skryf.
'n Aanbod word van Mnr. Van Ellinckhuizen ontvang vir die 6 duim vir 'n bedrag van R40.
Mnr. Terblanche nooi alle lede na 'n inwydingsfunksie van sy sterrewag op sy plaas op die 4de April. Die uitnodiging word met dank aangeneem.

Mei 22ste, 1987, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
'n Voorstel word ingedien vir 'n brief van dank aan Mnr. Wederpool vir die skenking van die 6 duim teleskoop. Mnr. Terblanche sal die nodige doen.
'n Aanbod van Mnr. Elinckhuizen vir die ou 6 duim teleskoop van R15 word algemeen aanvaar. 'n Bedrag van R25 wat deur hom betaal is vir die omgewingsweek dien as verdere betaling.
'n Woord van dank word aan Mnr. Rabe gerig vir sy voorstelle vir die sterrekunde woordeboek. 'n Skrywe is van die ere sekretaris Mnr. Kuun ontvang wat in samewerking met Prof. Jarret 'n komitee opstel. Mnr. Terblanche sal met Prof. Jarret onderhandel.

Junie 26ste, 1987, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
'n Brief is van Mnr. Kuun ontvang insake 'n sterrekundige week van 28 September - 4 Oktober 1987 en gevra vir 'n bydrae deur die tak. Dit blyk dat Prof. Jarret nie kan help met die sterrekundige week nie. Daar word voorgestel dat 'n statiese uitstalling in die Nasionale biblioteek gehou word. Daar word voorgestel dat die Fisika Departement van die Universiteit betrek word, asook 'n praatjie op radio Oranje.

Julie 31ste, 1987, Algemene Jaarvergadering, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Die Nasionale Sterrekundige week word weer bespreek.
Hierna word die komitee gekies:
Voorsitter: Mnr. Terblanche
Ondervoorsitter: Mnr. Erasmus
Sekretaris: Mnr. F. Neser
P.R.O.: Mev. Coetzee
Komiteelede: Mej. Stone en Mnr. M. Bothma.
Verteenwoordiger: Mnr. Van Elinckhuyzen.

Augustus 28ste, 1987, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Daar word voorgestel dat 'n publieke aand gehou word met 'n praatjie deur Prof. Viljoen van die Fisika departement. Mej. Stone sal reël. Daar word gevoel dat hy permanent betrek behoort te word.
Verder word daar gevoel dat lede meer aktief betrokke moet raak. Rassie stel voor dat 'n skyfie vertoning een aand by hom gehou sal word.

November 27ste, 1987, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
'n Woord van dank word aan Mej. Stone gerig insake die reëlings vir 'n praatjie by die Universiteit. Mnr. Terblanche sal 'n brief aan Prof. Botha rig in die verband. Mnr. Erasmus word versoek om 'n praatjie by die volgende vergadering te lewer. Mej. Stone sal 'n praatjie in Februarie 1988 lewer.
Besprekings insake die partytjie sal met die volgende vergadering hervat word.