1989 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 27ste, 1989, Woning van Mnr. Hennie van der Walt, om 8nm.
Daar is 'n praatjie gegee deur Lesley. Verder is daar ingebreek by die vereniging se geboutjie op Naval Hill.

Maart 31ste, 1989, Woning van Mnr Erasmus, om 8nm.
Mnr Erasmus het vir ons 'n interresante skyfie vertoning gehou en daarna het ons deur die teleskope gaan kyk. Die lug was besonder helder.

April 28ste, 1989, Woning van Mnr. Hennie van der Walt, om 8nm.
Daar was 'n algemene bespreking oor die meeting van sterrekundige afstande, gelei deur Mnr. van der Walt, waaraan almal deelgeneem het.

Julie 29ste, 1989, Woning van Mnr. Hennie van der Walt, om 8nm.
Die tema van die aand word deur Sarita de Vaal voorgedra. Haar voordrag handel oor die ontstaan en evolusie van sterre. Op interessante wyse word die bestaanssiklus van sterre met verskillende aanvanklike massas tot hul uiteindelike uitbarsting en ineenstorting deur haar geskets. Die voorsitter bedank haar vir haar goed voorbereide praatjie.

November 3de, 1989, Algemene Jaarvergadering, Woning van Mnr. Erasmus, om 8nm.
Die volgende komiteelede is verkies:
Voorsitter: Mnr. H. van der Walt
Ondervoorsitter: Kobus Rabe
Sekretaris: Mev. Rabe
Verteenwoordiger: Mnr. J. Van Elinckhuizen
Komiteelede: Tom en Rassie en Martin Bothma.
Die afluitingsfunksie sal op Saterdag 25 November 1989 plaasvind. Die uitstaande ledegeld moet ook ingevorder word.
Daar word 'n bekendstellingsfunksie in Januarie 1990 beplan om die publiek bekend te stel. Mnr. Rabe stel voor dat fondse bestee moet word om die gebou op Naval Hill meer stofdig te maak. Verder is die probleme wat Mnr. Erasmus het met sy teleskoop bespreek asook die nuwe boek van Mnr. vd Walt nl. "The Hamlyn Encyclopedia of stars and planets".