1993 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 29ste, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Die hoofdoel van die vergadering is om die jaarprogram saam te stel. Daar word besluit om 4 keer uit te gaan na Boyden en om die videoreeks wat die UOVS aangekoop het en uit ses dele bestaan in die preogram in te werk. 'n Tema sal ook vir elke byeenkoms bepaal word. Daar word besluit dat die vergaderings op die laaste Donderdag van elke maand plaasvind. Die videos sal gebruik word wanneer Boyden-aande nie kan realiseer en ook as toeligting by praatjies.
Algemeen: Mev. Venter sal die koerante, radio en what's On gebruik vir reklame vir byeenkomste..
Boyden is laat 1992 deur 'n storm wind beskadig. Die UOVS gaan moontlik herstelwerk daar verrig. Die moontlikheid dat die kompleks gesluit gaan word is nie uitgesluit.
'n Skrywe is ontvang van die Transvaalse vereniging wat voorstel dat daar gedurende die jaar 'n saamtrek by Boyden plaasvind. Ons sal help met die reëlings en verblyf aanbeveel. Mnr. Calitz sal hulle antwoord en uitnooi.
Die Fisika departement het 'n sonteleskoop installeer en die vereniging kan aansoek doen om observasie.
'n Voorstel dat 'n vrae en antwoord stelsel begin vind byval.

Februarie 25ste, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Hannes Calitz vertoon skyfies en gee 'n lesing in die groot Lesingslokaal.

Maart 25ste, 1993, Boyden Sterrwag, om 7nm.
Skyfies in klein lesingsaal en observasies.

April 4de, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Verwelkoming deur Mnr. H. Van Der Walt. Lesing deur hom oor die "Big Bang". Rektor van die UOVS is teenwoordig.

Mei 5de, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Verwelkoming deur Hannes Calitz. Hy gee 'n praatjie oor "Black Holes" en raak lireis oor die "cute"heid van die Fisika van Black Holes.

Junie 6de, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Hannes Calitz verwelkom almal teenwoordig. Daar was 70 gaste en Trudie Venter het 'n lesning aangebied oor vreëmde vlieënde voorwerpe. Chaos, gasprekers vanaf Durban het hulle self nomineer.

Julie 7de, 1993, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Observasies.

Augustus 8ste, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Mnr. Van der Walt heet almal welkom. Braam van Zyl bied 'n lesing aan oor Kwasars en Galaksies.

Augustus 26ste, 1993, Algemene Jaarvergadering, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Die volgende lede is tot die komitee verkies:
Voorsitter: Hannes Calitz
Ondervoorsitter: Mnr. H. van der Walt
Sekretaresse & Tesourier: Liesel. Hattingh
Verteenwoordiger by die Raad: Chris de Coning
Addisionele Lede: Braam Van Zyl
Deon Stein

September 30de, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Chris de Coning doen die aanbieding oor NASA en Ruimtevaard.

Oktober 14de, 1993, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Hannes Calitz verwelkom almal teenwoordig. Video vertoning oor Black Holes in die Boyden-Biblioteek. Maak teleskope oop nadat dit ophou reën om 21h00.

November 11de, 1993, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Lesing aangebied deur Chris de Coning oor die geskiedenis van Sterrekunde.

Desember 12de, 1993, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Afsluiting en braai.