1996 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 22ste, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Radio astronomie is bespreek. Observasies deur 13 en 60 duim teleskope.

Februarie 15de, 1996, Bestuursvergadering, om 7nm.
Mnr. Barnie Fourie kan weens werksverpligtinge nie meer as voorsitter optree nie. Mnr. Braam Van Zyl sê hy is bereidwillig om as tydelike voorsitter op te tree tot die volgende verkiesing.
Die aansoek om die 16 duim teleskoop gebou te gerbuik vir 'n klubhuis is goedgekeur deur Matie Hoffman van Fisika Departement. As ons die plek wil opknap, is ons welkom om dit te doen. Mnr. Hannes Calitz vra of hy sy teleskoop Boyden toe kan skuif.

Februarie 26ste, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
'n Praatjie oor Radio astronomie word deur Mnr. Deon Steyn gegee. Observasies deur 13 en 60 duim teleskope.

Maart 4de-5de, 1996, Onderwyssentrum, Dealweg, om 7nm.
'n Sterrekunde kursus word aangebied deur Mev. Schoch. Inhoud: Maak en lees van planisfeer. Basiese terme en beginsels word verduidelik. Afstand en grootte skale, ons plek in die heelal. Die ontwikkeling van sterre, geboorte, volwassenheid en sterfte. Elke sessie word afgesluit met 'n sterkyk sessie om dit wat geleer is te ervaar.

Maart 8ste, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Deirdre Van Jaarsveldt gee 'n praatjie oor die maan. Observasies na verskeie voorwerpe deur 13 en 60 duim teleskope

April 3de, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Die maansverduistering word obeserveer en bespreek asook die komeet Yuji Hyakutake.

Mei 17ste, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Deon Steyn gee 'n praatjie oor die verskillende soorte sateliete en die bane wat hulle volg. Observasies deur 13 en 60 duim teleskope

Junie 14de, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Gesellige braai en observasies deur 13 en 60 duim teleskope

Augustus 23ste, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Jaarvergadering. Die voorsitter Braam Van Zyl lees die jaarverslag waarna die bestuur verkies word:
Voorsitter: Braam Van Zyl
Onder Voorsitter: Deon Steyn
Sekretaresse: Grietjie Erasmus
Tesourier: Elna Pienaar
Adissionele lede: Hannes Calitz
Deirdre Van Jaarsveldt
Dawie Van Jaarsveldt
Verteenwoordiger by die Raad: Chris De Coning
Observasies deur 13 duim teleskoop

September, 26ste 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm
Maansverduistering word observeer en bespreek.

Oktober, 4de 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Praatjie deur Dawie Van Jaarsveldt oor die geskiedenis van die Metcalf teleskoop.
Observasies deur 13 en 60 duim teleskope

Oktober 21ste, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Die Orionids Meteoriet reën word bespreek en observeer

Desember 12de, 1996, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Afsluiting en bring en braai. Observasies deur 13 en 60 duim telescope.