1999 - ASSA Bloemfontein Centre

Februarie 27ste, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Dawie van Jaarsveldt lewer 'n praatjie oor "Metcalf - Amateur Astronoom van die eeu". Observasies.

Maart 27ste, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
25 lede was teenwoordig en dit was 'n baie lekker aand. Dawie gee 'n praatjie oor die ontdekking van die drie planete wat nie met die blote oog gesien kan word nie, naamlik Uranus, Neptunes en Pluto.
Lukas gesels oor die sterrebeeld Virgo en haar duisende galaksies. Daar is aandag gegee aan die Sombrero galaksie. Hannes Calitz het dit binne 'n paar minute opgespoor met die 13 duim. Dit was inderdaad iets om te sien.
Braam Van Zyl deel ons mee oor Mars wat nou die naaste is aan die aarde in 2 jaar. Ons het na Mars deur die telskoop gekyk.
Verder het Matie Hofman ons die maan gewys deur die 60 duim teleskoop, en ons op 'n toer deur die kraters en berge geneem.
'n Groot verrassing was om Eta Carina met sy pragtige oranje wolk deur die 60 duim te sien. Dit het gelyk soos 'n foto geneem deur die Hubble teleskoop!!! Groot dank aam Matie wat die aand met ons kom deel het en die groot teleskoop vir ons hanteer het. Matie jy is 'n ster!!!

April 24ste, 1999, Boyden Sterrwag om 7nm.
Braam gee 'n toeligting oor Mars en al die teleskope is op Mars gerig.
Pieter Meintjies laat ons almal baie klein voel toe hy 'n pragtige lesing oor die heelal gee met baie skyfies daarby.

Mei 29ste, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die eertse uitgawe van "Die Naghemel", ons tak se nuusbrief, word uitgegee.
Hannes Calitz gee 'n baie interressante praatjie oor radio en liguitstalings uit galaksies, of anders genoem ontploffende melkweë! Gelukkig is ons Melkweg redelik stabiel. Ons wou met sterkaarte na die konstelasies kyk, maar dit was volmaan so dit het "uitgeskyn".

Junie 3de, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Jaarvergadering. Algemene jaarvergadering. Die voorsitter Braam Van Zyl lewer die jaarverslag en finansiële verslag, en die nuwe komitee word verkies:
Voorsitter: Braam Van Zyl
Onder Voorsitter: Hannes Calitz
Sekretaresse: Grietjie Erasmus
Klubhuis Kurator: Frans-Peter Botha
Adisionele lede: Deirdre Van Jaarsveldt
Dawie Van Jaarsveldt
Deon Steyn

Julie 17de, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die opkoms was goed en die aand was vol interressanthede. Pine Pienaar, een van die land se voorste astro-fotograwe wat op die oomblik by Boyden werk, lewer 'n praatjie oor die verskillende soorte kameras, films en toerusting wat hy gebruik, asook die metodes wat hy gerbuik om die foto's te neem.
Hannes Calitz vertel ons van die verskillende UFO's wat in ons streek gesien is soos op die internet geraporteer is. Dit klink of die UOF's deesdae 'n gevaar inhou vir die mens. Hulle maak die goed ook nie meer soos in die ou dae nie.
Hierna sien ons 'n video oor die maanlandings ter herdenking van hierdie gebeure 30 jaar gelede.
Louise Barendse, voorsitter van die ASSA Pretoriatak vertel ons meer oor die lasar projek wat op die oomblik by die 60 duim aan die gang is. Hiervoor tree hy as konsultant op.
Matie wys ons hoe om 'n sterkaart te gebruik.
Observasies.

Augustus 21ste, 1999, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Die middag is die klubhuis skoongemaak en die aand is gedeel and die ope-aand. James Portman was die spreker en dit het gehandel oor die "Moonbeam Project".

September 4de, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Hannes Calitz vertel ons van sy Australië avonture. Die res van die aand is gewy aan sterrekyk, iets waarvoor almal uitgehonger was.

Oktober 2de, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Daar is 'n bring en braai gehou en gekyk na 'n video wat Thinus van der Merwe gebring het oor Meteore. Dit is nogal skrikwekkend! Hierna is 'n bespreking gehou en 'n paar angstige vrae is beantwoord.

November 17de, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die vergadering het gehandel oor die Leoniede Meteoriet reën observasie en was 'n belewenis. Braam Van Zyl gee 'n praatjie oor meteoriete en Prof Schoch bring een saam. Daarna is gewag vir die reën om te begin. Dit het eers in die vroeë oggend ure uitgesak en 'n paar brawes het tot dan gewag om te kyk. Daar is 1400 per uur getel wat 80 grade deur die lug getrek het.

Desember 4de, 1999, Boyden Sterrewag om 7nm.
Thinus Van der Merwe gee 'n praatjie oor NASA se beplanning om mense Mars toe te neem. Alles word "recycle", selfs die koolstofdioksied wat jy uitasem! Observasies en braai.