Menus above not visible? Use these.

My Gunsteling Sterrekunde boeke/My favourite Astronomy Books


Hannes Pieterse se lysie:

2011 Sky Guide - Africa South
Alles oor wat in die Suidelike halfrond gebeur. Dit is by Exlusive Books beskikbaar (R85)
Universe - The definate Visual Guide - Editor: Martin Rees
(`n Allesomvattende Sterrekunde boek vol inliging. Dit is `n nuwe uitgawe waar Pluto reeds sy planeetstatus verloor het.)
The Night Sky Observers Guide (Volume 1 - 3) - Willmann Bell-uitgewers
Hierdie is 'n erfstuk vir jou kinders.  As jy jou beplanning doen kan jy vooraf na die sketse of foto's kyk om te sien hoe `n voorwerp deur `n spesifieke teleskoop en oogstuk lyk.
Oxford Dictionary of Astronomy - Ian Ridpath
(Gebruik dit om vinnig iets op te soek as die sterrekunde domheid toeslaan. Dit is gereeld.
Stargazing with Binoculars - Robin Scagel and David Frydman
Daar is `n hele paar boeke om die hemelruim met n verkyker te verken. Patrick Moore se book oor die onderwerp is ook `n aanwins op jou rak.
Exploring the Moon - Steve Massey
Die maan is so baie sigbaar, dat mens meer moet weet van dié ergernis. Daar is `n paar boek om die maan te leer ken.
The Sun Observersguide van Pam Spence (Philips -reeks)
Inligting oor die son fasineer my net soveel as die maan. Dit is daar bo. So ek wil meer weet van hierdie vuurbal wat ons naaste ster is.

Skywatching - David Levy
Space Watching - David Levy
(Hierdie twee boeke was van die eerstes wat ek aangeskaf het. Dit is nog my gunstelinge. Ook iets van alles. Pluto is nog `n planeet. Ek vermoed iewers sal `n nuwe uitgawe gepubliseer word wat meer op datum is.

Astronomy for Dummies
The complete Idiots Guide to Astronomy(Moenie die Dummies en Idiot Sterrekunde boeke onderskat nie. Daar is baie nuttige inliugting in dié twee boeke en dit is vir gewone mense geskryf.

Universe - Roger A. Freeman and William J. Kaufmann III  6th edition.
Dit is `n gevorderde boek. Soms wil ek bietjie slim voel, dan lees ek in dit tot ek nie meer verstaan nie. Dit is redelik gou. 
Space Race - Deorah Cadbury  - The battle to rule the Heavens.
Dis `n fassinerende boek oor die tweestryd tusen die Russe en die Amerikaners se stryd om die hemelruim te oorwin. So tussendeur neuk die Duitsers ook nog rond op die agtergrond. Vandag help al die groot moondhede mekaar. Dit is hoe dit hoort.
The Neptune File - Tom Standage
A Story of Astronomiucal Rivalry and the Pioneers of Planet Hunting
Die boek het ek by Clarens se boekwinkel opgespoor. Goedkoop. Dit lees soos `n spanningsverhaal. Al die intriges oor twee mense wat afsonderlik vir Neptune ontdek het. Maar wie kry op die ou end die eer.
Guide to Observing and Discovering Comets - David Levy
(`n Lekkerleesboek van David Levy oor sy aanslag om komete op te spoor.
The Story of Earth & Life.
A Souther African perspective on a 4.6 billion-year journey - Terence McCarthy and Bruce Rubidge
(Hierdie is `n boek wat niks, maar ook alles met sterrekunde te doen het. Hoe ons Aarde aanmekaar gesit is. Ons is tog die derde planeet van die son af. )
 - Stuur jou gunsteling sterrekunde boek se naam en die skrywer(s). Ons plaas dit hier.

- Wees altyd op die uitkyk vir Sterrekundeboeke by plekke soos Bargain Books, vlooimarke en tweedehandse boekwinkels. Daar is gewoonlik `n winskoop. Wees net geduldig.  Of koop by aanlynwinkels soos Loot, TakeTwo of Kalahari.net. Vergelyk pryse + die afleweringskoste.  As jy oorsee gaan kan jy oorweeg om by Amazon te koop en daar by iemand te laat aflewer.

 

 

ASSA Bloemfontein Centre
Contact us.
www.assabfn.co.za
Top of page
Customized for 1024x768 desktop resolution