| Afskop van Projek ASSA Top 100 |
Datum: 13 Maart 2010 (Saterdag tot Sondagoggend)
Tyd: 18:00 tot die son opkom (Skuus. Tyd is uitgelaat in die e-pos. Die oomblik was te groot)
Plek: Boyden Sterrewag.
- Dieplugvoorwerpe vir 13 Maart (Al honderd is sigbaar. Van vroegaand tot die oggend gesorteer.)
Die laaste twee is vroegaand sigbaar en nie heel laaste soos op die lys nie. Dit is NGC 1976 en 1977)
- Verkykervoorwerpe vir 13 Maart Van vroegaand tot die oggend gesorteer.
Hier is nou `n lekker lys. Helder! Net reg vir verkykers. (Lys vir 7X50 opgestel)
|
| Waaroor gaan dit |
Amateurs (lede) wat so bietjie meer wil doen as om elke keer na die gewone (gewilde) voorwerpe in die naghemel te kyk kan nou hulle teleskope of verkykers na die waarnemingsaande bring en volgens `n plan begin waarnemings doen.
|
| Wat het jy nodig? |
|
Jou teleskoop en die wil om die projek aan te pak. Bring ook `n paar potlode saam om sketse van jou waarnemings te maak. Nie kunswerke nie! Net kolletjies en hier en daar `n gekrap op die papier.
|
| Dokumente om af te laai |
Jy hoef nie `n klomp duur boeke te koop nie. Ons gee al die dokumentasie vir jou op `n skinkbord. Hier is al die papierwerk wat jy gaan nodig hê:
- Dieplugvoorwerpe vir 13 Maart (Gerangskik van vroegaand tot vroegoggend)
- Verkykervoorwerpe vir 13 Maart (Gerangskik van vroegaand tot vroegoggend)
- Sky Map - Southern Hemisphere Beweeg af op die blad en laai die Suidelike halfrond se kaart af en maak `n uitdruk.
- Sketskaarte vir jou waarnemings
- ASSA se Top 100 (Dieplugvoorwerpe)
- Sterkaarte met TheSky6 voorberei (Gaan jou help om die 100 voorwerpe langs jou teleskoop op te spoor).
4 Meg - Pdf-formaat. Laai af en maak vir jou uitdrukke.
Die kaart dek al die voorwerpe wat deur die nag sigbaar gaan wees. Daar is ook twee voorwerplyste: Die een volgens die Konstelasies gerangskik. Die tweede volgens die beste tyd wat die voorwerp sigbaar is.
In die stadium is daar meer as 70 voorwerpe op die 13 Maart sigbaar. Die "Dark Nebulas word nie op die kaarte aangedui nie. My sagteware het nie `n lys van die Barnard-voorwerpe nie. So jy sal self op die internet of in sterkaarte moet gaan krap om hulle op te spoor. Ek het ook nie die groot en klein Magellaanse wolke se sterkaarte bygevoeg nie. Hulle is darem te ooglopend.
Groete - Hannes Pieterse
|
| Ander hulpmiddels |
|
| Hoe om die dokumente hier bo af van die web te laai |
-
Hoe om die pdf-dokumente hier bo van die web af te laai:
1. Linkskliek met jou muis op die skakel. Dit sal in `n nuwe raam oopmaak. Kliek op File links bo en stoor dit op jou rekenaar.
of
2. Regskliek met jou muis op die skakel en kliek dan op "Save link as". Kies die regte plek op jou rekenaar en stoor dit vir gebruik. Dik kan verskil, afhangende van die webleser wat jy gebruik.
|
| Berei voor vir jou waarnemingsaand |
-
Kies die voorwerpe waarna jy wil kyk (Dieplugvoorwerpe vir Februarie). Let op dat NGC 1976 en 1977 onder aan die lys is. Die res is volgens die "Optimum"-tyd gerangskik. Net die eerste 25 is hierbo reg vir aflaai. Die res sal later beskikbaar wees.
- Maak uitdrukke van die sterkaarte wat jy gekies het (Na jy dit afgelaai het)
- Gebruik Stelarium se sagteware (of ander) om voor die waarnemingsaand jou reeds te orienteer waar die voorwerpe daardie aand in die naghemel gaan wees.
- Kyk op die lys wat is die voorwerpe se magnitude en grootte.
- Kyk op die bladsy of jou toerusting geskik is om die voorwerp raak te "sien"
(Visual Difficulty by Instrument for 2010 Feb 13 20:29)
- Maak uitdrukke van Sketskaart vir jou waarnemings en kyk op die tweede blad waarna jy alles moet kyk as jy deur jou oogstuk loer. Maak seker jy is vertroud met al die terme wat gebruik word.
- Werk `n manier uit met behulp van helder sterre in die voorwerp se omgewing hoe jy maklik met jou teleskoop of verkyker gaan "Star Hop" om daarby uit te kom.
- Gaan loer op Auke se webblad hoe ander waarnemers hulle verslae ingevuyl het. Dieplug waarnemingsverslae
- Sekerlik het jy al Auke se inligtingstuk oor hoe om waarnemings te doen afgelaai en `n uitdruk gemaak.
Hier is die skakel weer: How to observe the deep sky
- Sien jou Saterdag 13 Maart by Boyden-sterrewag
! Dit gaan pret wees. |
| |