assabfn.js

2007 Kursus vir Beginners in Amateur Sterrekunde



Datum:
24 Februarie 2007, Saterdag.....................................................................Foto bo: Hannes Pieterse
Tyd: 13h30 vir 14h00 tot 21h30 met 'n half-uur aandete breek
Plek: Boyden Sterrewag op Harvard koppie langs Maselspoort, 26 km oos van Bloemfontein


Vir wie: Enige iemand wat 'n belangstelling het in sterrekunde, of jy nou iets weet daarvan of nie! Sterk aanbeveel vir nuwe lede in ASSA Bloemfontein en ook diegene wat sterrekunde hul stokperdjie wil maak. Alhoewel die kursus primêr gemik is op volwassenes, sal hoërskoolkinders ook baat vind daarby.

Wat om te bring: Verkyker en digitale kamera as jy het, verversings vir aandete. Indien jy wel 'n kamera bring, moet jy ook 'n driepoot daarvoor saambring.

Koste: R60 per persoon, wat insluit die kursusmateriaal, 'n sterrekunde CD, sterkaarte en 'n handige planisfeer. Die markwaarde van hierdie items indien dit apart aangekoop word is meer as R60. Let wel dat die 2007 Sky Guides ook beskikbaar sal wees teen R60 'n boek, alhoewel dit nie verpligtend is om aan te skaf nie.

Indien dit bewolk is gaan die middag en aand steeds voort. Ons kyk dan bloot "sterre op die groot skerm". 'n Gratis opvolg aand sal gereel word vir die praktiese element van die kursus.

Oorsig van kursus inhoud:

- Algemene inleiding tot sterrekunde: sonnestelsel, sterre, sterrestelsels. Hoe groot en hoe ver strek die ruimte?
- Konsepte in naglugwaarnemings: wat kan jy as beginner doen as jy onder die sterre staan?
- Die gebruik van 'n planisfeer om die konstellasies uit te ken en altyd jou rigting te kan bepaal
- Die gebruik van sterkaarte om die posisies van die sterre te bepaal en om dieplugvoorwerpe te vind
- Hoe om 'n verkyker effektief vir sterrekunde aan te wend
- Watter teleskoop om te koop / watter teleskoop om self te bou
- Sagteware op die rekenaar: die alternatief as jy te lui is om buitentoe te gaan!
- Volle inligting oor al die sterrekunde aktiwiteite in Bloemfontein en waar jy kan inskakel.

Spesiale program items:

- Multi-media aanbieding
- Toer van die Boyden Sterrewag fasiliteite
- Astrofotografie met jou mik-en-druk kamera



Foto: Stellarium.org


{main2}
ASSA Bloemfontein Centre (amateur astronomy society in the City of Bloemfontein), South Africa.
Customized for 1024x768 desktop resolution.

Contact us. This website: www.assabfn.co.za.

Top of page